God sal Sy Koninkryksaad laat ontkiem en beskerm van begin tot einde, en die vlamme van geloof sal deur die Heilige Gees al hoër en sterker in ons harte brand.        
 

 
  Login
 

 

Welkom by die Webwerf van die Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Noord

Op 11 Januarie 1981 het Die Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Noord afgestig van die twee gemeentes Klerksdorp en Klerksdorp-Wes.

Plot 76 in die woongebied Wilkoppies word op 5 Maart 1981 aangekoop. Nadat ‘n groot erf uitgehou word vir die pastorie en die kerkgebou word die res van die perseel in ses woonerwe verdeel en verkoop om die eiendom te betaal. Die drome van ‘n eie kerkgebou word ‘n werklikheid.

Mnr. Hennie Vermooten is as argitek aangewys.  Grobbelaar bouers van Pretoria was die boukontrakteur.

Op 24 September 1984 is die hoeksteen van die kerkgebou deur ds. J.J Cloete onthul en op 27 April 1985 is die kerkgebou met 343 sitplekke, ‘n aaneenskakelbare saal met 209 sitplekke, ‘n moederskamer, wiegkamer, katkisasielokale, konsistorie en kombuis, met dankbaarheid in gebruik geneem. Pragtige kameeldoringbome omring die kompleks.

‘n Allen digitale rekenaarorrel is geïnstalleer. Die kanselbybel is deur die Strydom-susters van Vryburg geskenk en die kanselstoel deur Tannie Marie Van der Merwe (90) – tans die oudste lidmaat in die gemeente.  Die preekstoel is deur Oom Wally van Hoving plank vir plank eiehandig voorberei en gemonteer.

Die kanselkleed rond alles mooi af en die simbole daarop stuur die volgende boodskap aan elkeen van ons:  God sal Sy Koninkryksaad laat ontkiem en beskerm van begin tot einde, en die vlamme van geloof sal deur die Heilige Gees al hoër en sterker in ons harte brand.

   
©Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Noord